收聽Bobby Van Jaarsveld的Wat Geld Nie Kan Koop Nie歌詞歌曲

Wat Geld Nie Kan Koop Nie

Bobby Van Jaarsveld2012年9月19日

Wat Geld Nie Kan Koop Nie 歌詞

As jy wonder hoe ek voel

Want ek sê dit nie genoeg nie

Soms sê ‘n man te veel

Maar nie wat hy bedoel nie

Dan kyk ek net na jou

Jy wat my regop hou

En ek sien wat jy werd is

Daar is soveel wat ek wil sê

Wat ek nie altyd wys nie

Ek hoop dat jy kan sien

Wat ek nie kan beskryf nie

Dan kyk ek in jou oë

Dis jy wat in my glo

En ek weet wat jy werd is…

Wat geld nie kan koop nie

Wat woorde nie sê nie

Wat die wêreld nie het nie

Kry ek by jou

Wat die oog nie kan sien nie

En jy nie altyd voel nie

Wat geld nie kan koop nie…

Wanneer tye moeilik raak

En ek dit nie verstaan nie

is jy my regterhand

Wat my nie sal laat gaan nie

Dan kyk ek weer na jou

jy wat my staande hou

En ek sien wat jy werd is

Wat geld nie kan koop nie

Wat woorde nie sê nie

Wat die wêreld nie het nie

Kry ek by jou

Wat die oog nie kan sien nie

En jy nie altyd voel nie

Wat geld nie kan koop nie…

Want ek gaan op my knieë elke dag

Ek sê dankie vir als wat jy is

Soveel meer as wat ek voor kon vra

Wat geld nie kan koop nie…

Wat woorde nie sê nie

Wat die wêreld nie het nie

Kry ek by jou

Wat die oog nie kan sien nie

En jy nie altyd voel nie

Meer as dit alles

Kry ek by jou

Wat geld nie kan koop nie

(Woorde nie sê nie)

Meer as dit alles kry ek by jou

Wat die oog nie kan sien nie

En jy nie altyd voel nie

Meer as dit alles kry ek by jou

 

Wat geld nie kan koop nie