收聽Nicholis Louw的Kom na My歌詞歌曲

Kom na My

Nicholis Louw2004年10月7日

Kom na My 歌詞

Kom na My - Nicholis Louw

Ek het gedink daaraan om die

maan vir jou te bring en deur die see te swem

My liefling net vir jou

Maar sou jy ook heeltyd aan my kon dink

en wonder of ek weer een nag sal kom

En wat sou jy tog met die maan kon maak

Ja wat sou jy tog met die maan kon maak

Die nagte sou my opvreet

sonder jou in my gedagtes

My hart sou nie die angs en droef kon staan

Jou wese is vir my net soos

die eerste wintersblom in Mei

So bloei my hart terwyl ek vir jou wag

Ja ek bloei vir jou maar ek sal vir jou wag

Die somersnag is in my siel vanaand

Die winters in my hart is nou verby

Die lentebloeisels blom

vir my soos jy en jy is naby my

Jy's hier jy's naby my

Vanaand is spesiaal net omdat jy hier langs

my sit en luister en ons kan net gesels

Ek kan nie glo dis ek die

een by wie jy vanaand wil wees

Hoe sou ek die gevoel aan jou beskryf

Ja hoe sou ek die gevoel aan jou beskryf

Die somersnag is in my siel vanaand

Die winters in my hart is nou verby

Die lentebloeisels blom

vir my soos jy en jy is naby my

Jy's hier jy's naby my

Kom na my kom na my

Kom na my jy's naby my

 

Kom na my