Listen to Waterblommetjies song with lyrics from Laurika Rauch

Waterblommetjies

Laurika Rauch15 Jan 1979

Waterblommetjies Lyrics

Waterblommetjies - Laurika Rauch

Written by:Anton Goosen

 

Waterblommetjies in die boland

 

Waterblommetjies in die kaap

 

Maak die bredie net soos in die wynland

 

En sê jys baie lief vir my

 

Voor jy gaan slaap

 

Daardie wind waai weer by my voordeur in

 

Hy maak my hart weer lekker sing

Dis gaaf om die kaap weer dag te sê

 

Ek vat jou saam na die koringland

 

Wie ry saam as my hart so brand

Dis lekker om die boland lief te hê

 

Van hunks het weer sy pyp gestop

 

Tafelberg se hoed is op

 

En die bergies begin al huis se kant toe staan

 

Groenpunttoring knip sy oog

Die suidoos maak so n wye boog

En die waalpad help jou as jy huis toe gaan

 

O die luggie hier is vry

 

Waar my hart heeltyd wil bly

 

En ek wil my langs ou mies victoria

Neer gaan vly

 

Laat ons deur die tuine loop

 

By die parade iets gaan koop

 

As die wind koud waai

 

Laat ek gou eers jou jas vasknoop

 

Waterblommetjies in die boland

 

Waterblommetjies in die kaap

 

Maak die bredie net soos in die wynland

 

En sê jys baie lief vir my

 

Voor jy gaan slaap

 

O kaap o kaap o mooiste kaap

Jy maak my hart weer baie seer

Jou ghantang kom mos altyd weer en weer

 

Die mayflower het uitgevaar

 

En gaan snoek haal daar by houtbaai waar

Karbonkelberg die stormsee gewaar

 

Drie skepsels het by dassiepunt

 

Na die ster gekyk en teen die wind in

Voetgeslaan en die stralekrans aangegee

 

En hult teruggekeer na tafelbaaai

 

En op duiwelspiek vir die engel gewaai

 

En die engel het n traan uit sy oë gevee

 

Waterblommetjies in die boland

 

Waterblommetjies in die kaap

 

Maak die bredie net soos in die wynland

 

En sê jys baie lief vir my

Voor jy gaan slaap

 

En sê jys baie lief vir my

 

 

Voor jy gaan slaap