Listen to Middelklas Middelman song with lyrics from Kontras

Middelklas Middelman

Kontras29 Apr 2019

Middelklas Middelman Lyrics

Skep my eie droomland

'n Wonderwerk wêreld

Wek my eie energie op

maar kom nooit nêrens

Voorgee vergifinis

vernietig my siel

Ek moet twee keer kyk

om myself in die spieël te sien

My mure hoog gebou

oorlewingsmeganisme melodie

Vreemde verandering

breek nie bande nie

Somer sonder sondes

lanklaas gesien

Jou groenhuisgasse

verlaat nie my atmosfeer nie

Middelklas Middelman

My middelvinger vasgevang

Middelklas Middelman

My middeljare misbeplan

Kaalvoet kunsprojek

nou net normaal

Skakel in die sterrestelsel

noemingswaardig neutraal

Teveel terugslae

trotseer sonder rede

Ek moet ophou vasklou

aan 'n gebroke verlede

Werk ek vir 'n lewe

of lewe ek vir 'n werk?

Die dae is genommer

vervaldatums beperk

Die drome dreun

soos 'n brander

Ek sukkel steeds

om te verander

Middelklas Middelman

My middelvinger vasgevang

Middelklas Middelman

My middeljare misbeplan

 

 

Comments for Middelklas Middelman (1)

Arnold Van Der Walt
Arnold Van Der Walt

What a great tune...