
Jan Bloukaas
8.2k FollowersSkaars klaar met skool en duisende aanhangers dans op die unieke elektroniese klank en styl waarvoor dié musieksensasie bekendheid verwerf het. ‘Kaasliefhebbers’ staan nader, want die dansmusiekkoning, Jan Bloukaas, is terug met ’n splinternuwe album “LEWE”. Nadat die treffer, Kaas Elke Dag, in 2017 die internet en Suid-Afrikaanse dansvloere kom verower het, het ’n tweede enkelsnit, kykNET en Chill, kort daarna gevolg. Nóú kan aanhangers nie net uitsien na ’n splinternuwe liedjie en video, DESEMBER, nie maar ook na sy debuut-album, LEWE, wat in Mei 2018 vrygestel gaan word. Die album bevat vyftien splinternuwe oorspronklike werke deur hierdie talentvolle jong man. Dit is ’n kombinasie van komiese partytjiemusiek, vermeng met ’n tikkie nostalgie en kommentaar oor die lewe en grootword, en beloof om aanhangers en kritici se stoutste verwagtinge te oortref. Jan Bloukaas se musiek is vol humor, vernuwend, vars en vermaaklik. Met sy nuwe album, LEWE, en nuutste vrystelling, DESEMBER, gaan hy nie net die musiekwêreld op sy kop kom draai en die jonger generasies gaande hê nie, maar ook vir homself ’n permanente plek in die Afrikaans musiekbedryf vestig.
Read moreAlbums | Singles
Skaars klaar met skool en duisende aanhangers dans op die unieke elektroniese klank en styl waarvoor dié musieksensasie bekendheid verwerf het. ‘Kaasliefhebbers’ staan nader, want die dansmusiekkoning, Jan Bloukaas, is terug met ’n splinternuwe album “LEWE”. Nadat die treffer, Kaas Elke Dag, in 2017 die internet en Suid-Afrikaanse dansvloere kom verower het, het ’n tweede enkelsnit, kykNET en Chill, kort daarna gevolg. Nóú kan aanhangers nie net uitsien na ’n splinternuwe liedjie en video, DESEMBER, nie maar ook na sy debuut-album, LEWE, wat in Mei 2018 vrygestel gaan word. Die album bevat vyftien splinternuwe oorspronklike werke deur hierdie talentvolle jong man. Dit is ’n kombinasie van komiese partytjiemusiek, vermeng met ’n tikkie nostalgie en kommentaar oor die lewe en grootword, en beloof om aanhangers en kritici se stoutste verwagtinge te oortref. Jan Bloukaas se musiek is vol humor, vernuwend, vars en vermaaklik. Met sy nuwe album, LEWE, en nuutste vrystelling, DESEMBER, gaan hy nie net die musiekwêreld op sy kop kom draai en die jonger generasies gaande hê nie, maar ook vir homself ’n permanente plek in die Afrikaans musiekbedryf vestig.