Listen to Stiltes song with lyrics from Karlien Van Jaarsveld

Stiltes

Karlien Van Jaarsveld1 Nov 2019

Lyrics

Ek doen als in my vermoë om te bly staan

Als in my vermoë om hierdie pad te kan verstaan

Ek weet daar is ‘n rede vir dit als

Maar vir nou is ek ook moeg

Dit is al laat in die aand

 

My hart en kop baklei nog teen mekaar

Ek voel ek staan alleen

Maar jy is nog altyd daar

Jy praat net minder as wat ek wil hê

Maar dis van teveel praat wat gate in ons siele kom lê

 

Hou die stiltes vas teen jou bors

As wat jy trane in jou huis begin mors

Want hierdie mense is ook stof en bly gegrond

As jy leeg is word jou hart weer gesond

In stiltes gegrond

 

Daar is iets wat my steeds laat glo in jou

Nie omdat jy, jy is nie maar omdat ek vertrou

‘n Deel van God is binne my en jou

Wat maak dat stukkies glas weer êrens in die sterre in-pas

 

Hou die stiltes vas teen jou bors

As wat jy trane in jou huis begin mors

Want hierdie mense is ook stof en bly gegrond

As jy leeg is word jou hart weer gesond

 

So skud die stof af wat jou kleur laat verdof

En laat jou mantel se kleure ontplof

Want hierdie mense

Is ook seer en op die grond

As jy leeg is word jou hart weer gesond

 

As n ridder net vashou die tyd

En hierdie skemer net kan sien deur die ruit

En voel hoe laat die twyfel van jou hart na jou mond kan verdwyn

 

Hou die stiltes vas teen jou bors

As wat jy trane in jou huis begin mors

Want hierdie mense is ook stof en bly gegrond

As jy leeg is word jou hart weer gesond

 

So skud die stof af wat jou kleur laat verdof

En laat jou mantel se kleure ontplof

Want hierdie mense

Is ook seer en op die grond

As jy leeg is word jou hart weer gesond

In stiltes gegrond

 

***Lyrics are from third-parties***