LEAH

LEAH

5.7k Followers

Leah is beslis die naam op almal se lippe – hulle wil of haar vriendin wees of soos sy wees of net sê hulle ken die bondel energie wat altyd tyd maak vir ander. Haar debuutalbum, Wonderwerk, spog met goue status vir verkope en sy was ook vir twee jaar in ‘n ry die aanbieder van kykNET se immergewilde Boer Soek ‘n Vrou reeks waar sy boere gehelp het in hul soeke na liefde.. Sy het die silwerdoek betree in 2013 in die musiekfliek As Jy Sing en in 2018 in die rolprent, SUSTERS, waarin sy een van die hoofrolle vertolk het. SUSTERS het verskeie loketrekords gebreek. Leah is beslis een van ons land se besigste kunstenaars met optredes reg oor ons land waar sy aand na aand harte verower met haar unieke klank en persoonlikheid. Sy is iemand wat maklik vir haarself lag en nie skaam is om ‘n no-make-up dag te vat nie. Sy is baie op die pad en min by die huis maar het ‘n sterk ondersteuningsnetwerk wat help dat sy haar droom kan uitleef. Haar passie vir musiek, dans en toneelspeel is aansteeklik! Haar nuutste album, Kyk Na My is in September 2019 bekendgestel met gewilde snitte soos Kyk Na My, Ek Noem Jou Myne (Cross My Heart) en die meer onlangse Girls Night. Die musiekvideo vir Girls Night het binne enkele dae meer as 500 000 trefslae op YouTube gehad. Sy is nie net toegerus met drie albums nie maar Leah is ook ongelooflik goed gekwalifiseerd op vele vlakke. Sy het ‘n BCom (Regte) graad agter haar naam en opleiding aan die Waterfront Teaterskool, en het grootgeword in ’n huis gevul met deuntjies van haar pa se keuse. “Musiek is in my bloed,” voeg sy by. “Albei my ouers ondersteun my geweldig. My ma was nog altyd ’n voorstaander daarvan dat ek eties en eerlik is in alles wat ek doen, wat dalk vreemd mag klink – maar dit is eienskappe waaraan ek hard werk en oral toepas.” “Wat ek doen is meer kontemporêr as pop,” verduidelik Leah. “Dink aan vroëe Rihanna, gemeng met ’n bietjie Jason Mraz, ‘n tikkie Jack Johnson daarby, met ’n groot skep passievolle organiese varsheid, en dan kom jy hopelik by my uit.” Wonderwerk het ook vir Leah verskeie toekennings en nominasies besorg. Sy wen Nuweling van die Jaar by die Ghoema Toekennings en kry nominasies vir Liedjie van die Jaar, Kontemporêre Album van die Jaar en Vroulike Kunstenaar van die Jaar. By die Huisgenoot Tempo Toekennings het sy ‘n driekuns behaal waar sy drie toekennings ingepalm het vir Nuweling van die Jaar, Musiekvideo van die Jaar en Liedjie van die Jaar vir Met Jou Klere Aan.

Read more

Tracks

About LEAH
Leah is beslis die naam op almal se lippe – hulle wil of haar vriendin
wees of soos sy wees of net sê hulle ken die bondel energie wat
altyd tyd maak vir ander. Haar debuutalbum, Wonderwerk, spog met
goue status vir verkope en sy was ook vir twee jaar in ‘n ry die
aanbieder van kykNET se immergewilde Boer Soek ‘n Vrou reeks
waar sy boere gehelp het in hul soeke na liefde..
Sy het die silwerdoek betree in 2013 in die musiekfliek As Jy Sing
en in 2018 in die rolprent, SUSTERS, waarin sy een van die
hoofrolle vertolk het. SUSTERS het verskeie loketrekords gebreek.
Leah is beslis een van ons land se besigste kunstenaars met
optredes reg oor ons land waar sy aand na aand harte verower met
haar unieke klank en persoonlikheid. Sy is iemand wat maklik vir
haarself lag en nie skaam is om ‘n no-make-up dag te vat nie.
Sy is baie op die pad en min by die
huis maar het ‘n sterk ondersteuningsnetwerk wat help dat sy haar
droom kan uitleef. Haar passie vir musiek, dans en toneelspeel is
aansteeklik!
Haar nuutste album, Kyk Na My is in September 2019 bekendgestel
met gewilde snitte soos Kyk Na My, Ek Noem Jou Myne (Cross My
Heart) en die meer onlangse Girls Night. Die musiekvideo vir Girls
Night het binne enkele dae meer as 500 000 trefslae op YouTube
gehad.
Sy is nie net toegerus met drie albums nie maar Leah is ook
ongelooflik goed gekwalifiseerd op vele vlakke. Sy het ‘n BCom
(Regte) graad agter haar naam en opleiding aan die Waterfront
Teaterskool, en het grootgeword in ’n huis gevul met deuntjies van
haar pa se keuse. “Musiek is in my bloed,” voeg sy by. “Albei my
ouers ondersteun my geweldig. My ma was nog altyd ’n
voorstaander daarvan dat ek eties en eerlik is in alles wat ek doen,

wat dalk vreemd mag klink – maar dit is eienskappe waaraan ek hard werk en
oral toepas.”
“Wat ek doen is meer kontemporêr as pop,” verduidelik Leah. “Dink aan vroëe
Rihanna, gemeng met ’n bietjie Jason Mraz, ‘n tikkie Jack Johnson daarby, met ’n
groot skep passievolle organiese varsheid, en dan kom jy hopelik by my uit.”
Wonderwerk het ook vir Leah verskeie toekennings en nominasies besorg. Sy
wen Nuweling van die Jaar by die Ghoema Toekennings en kry nominasies vir
Liedjie van die Jaar, Kontemporêre Album van die Jaar en Vroulike Kunstenaar
van die Jaar. By die Huisgenoot Tempo Toekennings het sy ‘n driekuns behaal
waar sy drie toekennings ingepalm het vir Nuweling van die Jaar, Musiekvideo
van die Jaar en Liedjie van die Jaar vir Met Jou Klere Aan.

You May Also Like