Georic Lomas

Georic Lomas

682 Followers

Sedert laerskool, was dit baie duidelik dat Georic Lomas ‘n sangtalent het wat nie onder ‘n emmer weggesteek kan word nie. Met optredes by eisteddfods en konserte, het hy vroeg-vroeg sang al deel van sy normale lewe gemaak. Hy het sy formele toetrede tot die vermaaklikheidswêreld in 2013 gemaak toe hy in die musikale lokettreffer “As jy sing,” verskyn het. Georic se karakter, Morné, was een van die lede van die Bekfluitjies sanggroepie en hy het sommer dadelik die aandag getrek vir sy spel voor die kamera, aantreklike voorkoms en vriendelike geaardheid. Hy is later saam met ‘n uitgesoekte groepie van die rolverdeling, gevra om ook op te tree by die Afrikaans is Groot konserte in 2014. Dit het die film se vervaardiger en bekroonde liedjieskrywer, Johan Vorster, nie lank gevat om Georic onder sy vlerk te neem en hom as kunstenaar te begin touwys maak nie. Saam met die Inhoud Huis span, het hulle hard gewerk aan ‘n debuutalbum, “Silhoeët,” wat vroeg in 2017 vrygestel is. Die eerste treffer vanaf die album, “Bazaruto” het ook sommer tot binne die Top 5 op iTunes beweeg binne ure na bekendstelling. Die liedjie, asook die opvolgtreffer, “Die Leeu,” was beide gewild by radiostasies regoor die land en die musiekvideos het verder gehelp om die nuwe kunstenaar se naam te vestig. “Silhoeët” bevat 14 liedjies met Johan Vorster, Christoph Kotze en Georic homself wat pen op papier neergesit het. Die album is propvol lekker danstreffers en sy musiekstyl word tereg as popmusiek beskryf, maar dis beslis nie die tradisionele idee van pop wat almal dadelik aanneem nie. Dit word beskryf as musiek wat jou gemoed lig en jou goed oor die lewe laat voel. As jy jou skare op hulle voete wil kry, dan is Georic beslis die man om te bespreek vir jou funksie, konsert, fees of fondsinsameling.

Read more

Tracks

Albums | Singles

LMG // ICB12 Oct 2018
Silhoeët2 Jun 2017
About Georic Lomas
Sedert laerskool, was dit baie duidelik dat Georic Lomas ‘n sangtalent het wat nie onder ‘n emmer weggesteek kan word nie. Met optredes by eisteddfods en konserte, het hy vroeg-vroeg sang al deel van sy normale lewe gemaak. Hy het sy formele toetrede tot die vermaaklikheidswêreld in 2013 gemaak toe hy in die musikale lokettreffer “As jy sing,” verskyn het. Georic se karakter, Morné, was een van die lede van die Bekfluitjies sanggroepie en hy het sommer dadelik die aandag getrek vir sy spel voor die kamera, aantreklike voorkoms en vriendelike geaardheid. Hy is later saam met ‘n uitgesoekte groepie van die rolverdeling, gevra om ook op te tree by die Afrikaans is Groot konserte in 2014. 

 

Dit het die film se vervaardiger en bekroonde liedjieskrywer, Johan Vorster, nie lank gevat  

om Georic onder sy vlerk te neem en hom as kunstenaar te begin touwys maak nie. Saam met die Inhoud Huis span, het hulle hard gewerk aan ‘n debuutalbum, “Silhoeët,” wat vroeg in 2017 vrygestel is. Die eerste treffer vanaf die album, “Bazaruto” het ook sommer tot binne die Top 5 op iTunes beweeg binne ure na bekendstelling. Die liedjie, asook die opvolgtreffer, “Die Leeu,” was beide gewild by radiostasies regoor die land en die musiekvideos het verder gehelp om die nuwe kunstenaar se naam te vestig. 

 

“Silhoeët” bevat 14 liedjies met Johan Vorster, Christoph Kotze en Georic homself wat pen op papier neergesit het. Die album is propvol lekker danstreffers en sy musiekstyl word tereg as popmusiek beskryf, maar dis beslis nie die tradisionele idee van pop wat almal dadelik aanneem nie. Dit word beskryf as musiek wat jou gemoed lig en jou goed oor die lewe laat voel. 

 

As jy jou skare op hulle voete wil kry, dan is Georic beslis die man om te bespreek vir jou funksie, konsert, fees of fondsinsameling.

You May Also Like