Willem Botha

Willem Botha

2.1k Followers

Willem Botha het geen bekendstelling nodig nie en het al diep spore in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf getrap. Veelsydig is hy beslis - sanger, liedjieskrywer, akteur, TV- aanbieder en selfs fotograaf. Hy vier vanjaar reeds sy veertiende jaar in die bedryf. Sy veelsydige stem en die passie waarmee hy elke aspek van sy loopbaan benader, het vir hom ’n stewige plek in die Suid-Afrikaanse mark gevestig en hom ’n gunsteling gemaak onder jonk en oud. Willem is iemand van wie jy nie sommer vergeet nie. Hierdie talentvolle kunstenaar, met sy uitsonderlike veelsydige stem en aansteeklike verhoogpersoonlikheid, het diep spore kom trap in die harte van musiekliefhebbers regoor die land. Oor die afgelope paar jaar is musiek, vanaf sy vier albums (Kô Ma Hier, Sê My Nou, My Stem is Joune en Soen & Vergeet), nie net met verskeie toekennings (Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste Nuweling in 2007 en Fiësta- toekenning vir Beste Aanbieder 2012) en nominasies (SAMA- nominasie vir Sê My Nou in 2010, Huisgenoot Tempo – en Ghoema- nominasie vir My Stem is Joune in 2013) vereer nie, maar het hy homself ook gevestig as akteur op die silwerskerm (Liefling-Die Movie, Pretville), kassie (Donkerland, Sterlopers) en verhoog (TREE AAN, Reik Na Die Sterre, Altyd In My Drome). Hy hou ook sy lyf aanbieder op Kwêla op kykNET en tot onlangs op Top 20 op kykNET NOU! En skuif deesdae agter die kamera in waar hy van die land se grootste sterre afneem vir tydskrif voorblaaie. Hy en Nadia Beukes het kragte saamgespan vir ‘n produksie Paaie Van Hoop waar hulle vir damesoggende regoor die land optree. Willem Botha en Franja du Plessis het ook begin 2019 die land platgetoer met die eerste Top 20-toer. Hy is ook in 2019 vir die tweede agtereenvolgende jaar die aanbieder van die kykNET Ghoema Musiektoekenning gewees wat regstreeks uitgesaai is. Sy nuwe enkelsnit en musiekvideo, Een Shot is ook in dieselfde jaar bekendgestel en het op verskeie radiostasies se ranglyste gepronk. Sy vyfde album, ‘n Liefde Soos Die is onlangs bekendgestel en die titelsnit, ‘n duet saam met die talentvolle Tarryn Lamb het vinnig ‘n groot gunsteling geword onder verliefde paartjies en ou getroudes!

Read more

Tracks

About Willem Botha
Willem Botha het geen bekendstelling nodig nie

en het al diep spore in die Afrikaanse
vermaaklikheidsbedryf getrap. Veelsydig is hy
beslis - sanger, liedjieskrywer, akteur, TV-
aanbieder en selfs fotograaf.
Hy vier vanjaar reeds sy veertiende jaar in die bedryf. Sy veelsydige
stem en die passie waarmee hy elke aspek van sy loopbaan benader,
het vir hom ’n stewige plek in die Suid-Afrikaanse mark gevestig en
hom ’n gunsteling gemaak onder jonk en oud.
Willem is iemand van wie jy nie sommer vergeet nie. Hierdie talentvolle
kunstenaar, met sy uitsonderlike veelsydige stem en aansteeklike
verhoogpersoonlikheid, het diep spore kom trap in die harte van
musiekliefhebbers regoor die land. Oor die afgelope paar jaar is
musiek, vanaf sy vier albums (Kô Ma Hier, Sê My Nou, My Stem is
Joune en Soen & Vergeet), nie net met verskeie toekennings
(Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste Nuweling in 2007 en Fiësta-
toekenning vir Beste Aanbieder 2012) en nominasies (SAMA-
nominasie vir Sê My Nou in 2010, Huisgenoot Tempo – en Ghoema-
nominasie vir My Stem is Joune in 2013) vereer nie, maar het hy
homself ook gevestig as akteur op die silwerskerm (Liefling-Die Movie,
Pretville), kassie (Donkerland, Sterlopers) en verhoog (TREE AAN,
Reik Na Die Sterre, Altyd In My Drome). Hy hou ook sy lyf aanbieder op
Kwêla op kykNET en tot onlangs op Top 20 op kykNET NOU! En skuif
deesdae agter die kamera in waar hy van die land se grootste sterre
afneem vir tydskrif voorblaaie.
Hy en Nadia Beukes het kragte saamgespan vir ‘n produksie Paaie Van
Hoop waar hulle vir damesoggende regoor die land optree. Willem
Botha en Franja du Plessis het ook begin 2019 die land platgetoer met
die eerste Top 20-toer. Hy is ook in 2019 vir die tweede
agtereenvolgende jaar die aanbieder van die kykNET Ghoema
Musiektoekenning gewees wat regstreeks uitgesaai is.
Sy nuwe enkelsnit en musiekvideo, Een Shot is ook in dieselfde jaar
bekendgestel en het op verskeie radiostasies se ranglyste gepronk. Sy
vyfde album, ‘n Liefde Soos Die is onlangs bekendgestel en die titelsnit,
‘n duet saam met die talentvolle Tarryn Lamb het vinnig ‘n groot
gunsteling geword onder verliefde paartjies en ou getroudes!

You May Also Like