Appel

Appel

13.5k Followers

Christoph Kotze, dalk beter bekend onder sy verhoognaam as Appel, is gewis een van die land se bedrywigste en gewildste kontemporêre Afrikaanse liedjieskrywers. Bekende kunstenaars soos Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, EDEN, Bok Van Blerk, Laurika Rauch en Dewald Wasserfall kan almal getuig van sy slag met woorde en musiek en het al liedjies uit sy pen opgeneem. Sy komposisies het al talle toekennings ingepalm, onder andere die gesogte  Ghoema vir Liedjie van die Jaar vir EDEN se “Superhero.” Hy het ook die titelsnit uit die rolprent “Somer Son” geskryf en gesing en die liedjie het die trefferslyste van vele radiostasies uitgeklim. Wanneer mens hom pols oor sy musiek, vertel Appel dat sy passie vir musiek op ‘n baie jong ouderdom begin het. Sy ma het kitaar vir hom gespeel toe hy nog in die baarmoeder was en hy het grootgeword in ‘n huis waar daar altyd musiek was. Toe hy hoërskool betree het, het hy self die kitaar opgetel en die res is, soos hulle sê, geskiedenis. Appel is deel van die Inhoud Huis liedjieskrywerspan en het onlangs sy debuutalbum, “Lei my na die water,” bekendgestel, ‘n CD gevul met 18 liedjies waaronder die titelsnit. Nou, nadat Appel vir jare lank reeds in die voorprogram vir kunstenaars soos Theuns, Nianell en Koos Kombuis by feeste soos Aardklop, Innibos en die Rittelfees opgetree het, kan hy die kollig in eie reg steel. Sy musiekstyl word as kontemporêre “folk-musiek” beskryf en sy liedjies spreek tot die siel en mens se emosies met ‘n ritme wat goed op die oor val. Sy splinternuwe album “Boer loop deur my are” word einde Maart in 2018 vrygestel en díe enkelsnit sowel as die musiekvideo klim tot heel bo aan verskeie Afikaanse ranglyste. Die media bestempel Boer loop deur my are as die liedjie van die jaar en die album word binne enkele dae die top digitale verkoper op Apple music. Tydens die KykNET Ghoema toekennings stap Appel met die beste musiek video titel weg vir sy Appel Trilogie Musiekvideo – Lei my na die water, Kom en lê my neer en Vroumens. Appel is tans besig om die land plat te toer so maak seker jy bespreek sommer vandag nog sy vertoning wat beloof om die gehoor met musikale pitkos te beloon.

Read more

Tracks

Albums | Singles

LOCO10 Jul 2020
Ons Is Familie13 Dec 2019
Patriot1 Nov 2019
Nonna18 Oct 2019
Staan Saam2 Aug 2019
About Appel
Christoph Kotze, dalk beter bekend onder sy verhoognaam as Appel, is gewis een van die land se bedrywigste en gewildste kontemporêre Afrikaanse liedjieskrywers. Bekende kunstenaars soos Theuns Jordaan, Karlien van Jaarsveld, EDEN, Bok Van Blerk, Laurika Rauch en Dewald Wasserfall kan almal getuig van sy slag met woorde en musiek en het al liedjies uit sy pen opgeneem. Sy komposisies het al talle toekennings ingepalm, onder andere die gesogte  Ghoema vir Liedjie van die Jaar vir EDEN se “Superhero.” Hy het ook die titelsnit uit die rolprent “Somer Son” geskryf en gesing en die liedjie het die trefferslyste van vele radiostasies uitgeklim. 

 

Wanneer mens hom pols oor sy musiek, vertel Appel dat sy passie vir musiek op ‘n baie jong ouderdom begin het. Sy ma het kitaar vir hom gespeel toe hy nog in die baarmoeder was en hy het grootgeword in ‘n huis waar daar altyd musiek was. Toe hy hoërskool betree het, het hy self die kitaar opgetel en die res is, soos hulle sê, geskiedenis. Appel is deel van die Inhoud Huis liedjieskrywerspan en het onlangs sy debuutalbum, “Lei my na die water,” bekendgestel, ‘n CD gevul met 18 liedjies waaronder die titelsnit. 

 

Nou, nadat Appel vir jare lank reeds in die voorprogram vir kunstenaars soos Theuns, Nianell en Koos Kombuis by feeste soos Aardklop, Innibos en die Rittelfees opgetree het, kan hy die kollig in eie reg steel. Sy musiekstyl word as kontemporêre “folk-musiek” beskryf en sy liedjies spreek tot die siel en mens se emosies met ‘n ritme wat goed op die oor val.  

 

Sy splinternuwe album “Boer loop deur my are” word einde Maart in 2018 vrygestel en díe enkelsnit sowel as die musiekvideo klim tot heel bo aan verskeie Afikaanse ranglyste. Die media bestempel Boer loop deur my are as die liedjie van die jaar en die album word binne enkele dae die top digitale verkoper op Apple music.



Tydens die KykNET Ghoema toekennings stap Appel met die beste musiek video titel weg vir sy Appel Trilogie Musiekvideo – Lei my na die water, Kom en lê my neer en Vroumens.



Appel is tans besig om die land plat te toer so maak seker jy bespreek sommer vandag nog sy vertoning wat beloof om die gehoor met musikale pitkos te beloon.

You May Also Like