ดาวน์โหลดและฟังเพลง Skadu's Teen Die Muur พร้อมเนื้อเพลงจาก Van Coke Kartel

ฟังเพลงSkadu's Teen Die Muur

Van Coke Kartel1 มี.ค. 2010

เนื้อเพลง Skadu's Teen Die Muur

Skadu's Teen Die Muur - Van Coke Kartel

Die donker kom van buite

 

En syfer deur die ruite

 

En ek gooi nog 'n paar kole op die vuur

 

En die tafel en die laaikas

 

En alles wat eers was

 

Versmelt tot blote skadu's teen die muur

 

Ons drome van gister

 

Word somber en sinister

Want kyk alles het 'n vasgestelde uur

 

Ons beplan toringblokke

 

Maar die slopers is betrokke

 

En ons drome is bloot skadu's teen die muur

 

Met orrelbegeleiding

 

Kom die voorspel tot die skeiding

Maar dis alles reg die liefde is 'n vuur

 

En van die vorige hofmaak

 

Hoor ons later in die hofsaak

 

Want die liefde is 'n skadu teen die muur

 

In swart of wit getooi

 

In 'n stoet of in konvooi

 

Wonder elkeen hoelank alles nog sal duur

 

En leef holderstebolder

 

Want die kis wag op die solder

 

En die lewe is 'n skadu teen die muur

 

Die donker kom van buite

 

En syfer deur die ruite

 

En ek gooi nog 'n paar kole op die vuur

 

En my voete en my hande

 

Word onbekende lande

 

In skadukaarte teen die muur

 

Die wereld word 'n skadu teen die muur

 

 

'N flikkerende skadu teen die muur

เกี่ยวกับเพลงนี้ :

ฟังเพลง Skadu's Teen Die Muur โดย Van Coke Kartel ด้วย JOOX Application. ผลงานจาก Van Coke Kartel Skadu's Teen Die Muur เปิดตัวเมื่อวันที่ 1 มี.ค. 2010 ฟังเพลงได้ทุกที่ หรือรับชมมิวสิควิดีโอ คุณสามารถอ่านเนื้อเพลง Skadu's Teen Die Muur ได้ที่นี่เพื่อประสบการณ์การฟังเพลงที่ดีที่สุด ดาวน์โหลด JOOX Application และฟังเพลง Skadu's Teen Die Muur ออนไลน์ได้ทันที

Tags ที่เกี่ยวข้อง :

Skadu's Teen Die Muur (โดย Van Coke Kartel), Skadu's Teen Die Muur, Skadu's Teen Die Muur มิวสิควีดีโอ, Skadu's Teen Die Muur เนื้อเพลง, Van Coke Kartel เพลง