Die Jagtog 歌詞

Die Jagtog - Mandla Lande/Michael Ludonga/Dizu Plaatjies/Coenie De Villiers

My pa was 'n jagter

 

Hy was 'n man van staal

 

Daar was krag in elke spier

Hy kon die rigting van 'n dier

Soos 'n nimrod op die wind bepaal

 

Soos die jagter van ouds

 

Hy die spoor gesny

 

En sekuur deur die veld

Soos 'n ariese held

Het my pa op die spoor gebly

 

Om afrikaner te wees

 

'n boer uit een stuk

 

Was die wil van bo

So het pa geglo dit was meer as net blote geluk

 

Moenie vrees nie my seun

Moenie vrees nie my seun

Jy kom jou vel te na

Jy kom jou vel te na

 

Jy is boer in murg en been

 

Wat meer kan jy vra

 

Ons het eendag gaan jag

 

Net ek en my pa

 

Met die geweer teen sy skouer

Was hy wyser was hy ouer

Hy was méér as wat 'n seun kon vra

 

So skuins ná drie

 

Het hy 'n blesbok gekwes

 

Ons het die bloedspoor gesny

Langs die heuwels verby

En later het ons noord noord wes

Ons gewonde prooi gevolg

 

Tot diep in die bos

 

Waar die laatmiddagson soos net die laeveld kon

 

Skadu's tussen bome los

 

Moenie vrees nie my seun

Moenie vrees nie my seun

Jy kom jou vel te na

Jy kom jou vel te na

 

Jy is boer in murg en been

 

Wat meer kan jy vra

 

Maar skielik was ek bang

 

Want in my hart het ek geweet

 

Ons het rigting verloor

Ons was áf van die spoor

Pa het die pad huis toe vergeet

 

Ja skielik was ek bang

 

Al was dit moeilik om te glo

 

Dat my pa kon verdwaal

Dat my pa ook kon faal

Maar miskien voel baie kinders tog só

 

Moenie vrees nie my seun

Moenie vrees nie my seun

Jy kom jou vel te na

Jy kom jou vel te na

 

Jy is boer in murg en been

 

Wat meer kan jy vra

 

 

Wat meer kan jy vra