Listen to Skiet Reënboë op Fascisme song with lyrics from Kontras

Skiet Reënboë op Fascisme

Kontras29 Apr 2019

Skiet Reënboë op Fascisme Lyrics

Ek is bang om die

waarheid te skryf

Dalk klim die monsters

uit my binneste uit

Ek't al vir jare hul

in hokke gesluit

Maar nou's hul honger

en ek dink dit is tyd

Jy is bang om die

waarheid te hoor

Of net miskien om

jou skuld te verloor

Maar my monsters

kom fluister in jou oor

Dit is tyd om

hierdie trein te ontspoor

Reënboë, dra nie reën nie

Liefde, kan nie altyd wen nie

Sondae is nie net vir rus nie

Hou op, nee ek's nie lus nie

Oorloë sal nooit stop nie

Hartseer hou nooit op nie

Vrede kan nie die haat stop nie

Lewe is nie net vir ons nie

Jy is bang dat die waarheid versprei

Raak kwaad en

wys jou vingers na my

Maar die waarheid

sal jou vingers afsny

Nog kos vir hierdie

monsters van my

Ek is bang dat jy

my woorde uitroei

Maar hierdie keel

het al baie gebloei

Hierdie keer jou les geleer

Wees versigtig want

die waarheid maak seer

Skape volg nie altyd herders

Drake groei nie altyd vlerke

Jare is nie sonder merke

Waarlik die mens

het geen perke

Tyd sal nooit stop nie

Lewe hou nooit op nie

Probleme nie net in my kop nie

Here voel niemand 'n fok nie

Voel niemand 'n fok nie?

Skape volg nie altyd herders

Drake groei nie altyd vlerke

Jare is nie sonder merke

Waarlik die mens het geen perke

Tyd sal nooit stop nie

Lewe hou nooit op nie

Probleme nie net in my kop nie

Here voel niemand 'n fok nie

 

 

 

 

Comments for Skiet Reënboë op Fascisme (1)

Louwrens Jacobus Labuschagne
Louwrens Jacobus Labuschagne

🤘