Jerusalem Lyrics
Jerusalem - Ge Korsten
Laasnag het in my drome
'N wonderbeeld verskyn
Ek staan in ou jerusalem
En ek sien die tempel daar
Ek hoor die sang van kinders
Net soos 'n englekoor
En saam sing hul 'n loflied
Wat self die heme'le hoor
En saam sing hul 'n loflied
Wat self die heme'le hoor
Jerusalem jerusalem
Sing nou 'n loflied saam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys sy naam
En daar verander toe my droom
En stilte daal daar neer
Weg is die bly hosannas
Geen kinderstemme meer
Die son het toe verduister
Die oggend koud en kil
En die skadu van 'n kruis verrys
Verrys om ons ontwil
En die skadu van 'n kruis verrys
Verrys om ons ontwil
Jerusalem jerusalem
Sing nou 'n loflied saam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys sy naam
En weer verander die toneel
'N helder glans verskyn
Ek sien die heilige stad daar
Die son begin weer te skyn
Die poorte word wyd oopgemaak
Die duister het verdwyn
En almal kan nou binnegaan
Geeneen sal buite staan
'N nuwe dag het aangebreek
Die kinders sing weer saam
Die heil'ge stad jerusalem
Sal nooit weer kan vergaan
Die heil'ge stad jerusalem
Sal nooit weer kan vergaan
Jerusalem jerusalem
Sing nou 'n loflied saam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys sy naam
Hosanna in die hoogste
Hosanna prys sy naam
***Lyrics are from third-parties***