Listen to Die Lewe is 'n Grenshotel song with lyrics from Laurika Rauch

Die Lewe is 'n Grenshotel

Laurika Rauch15 Jan 1979

Die Lewe is 'n Grenshotel Lyrics

Die Lewe is 'n Grenshotel - Laurika Rauch

Written by:S.J. Hofmeyr/H Aucamp

 

Madame sit in die grenswag 'n manskap teen haar bors

 

Sy koester sy vermoeidheid

 

Sy nadrup en sy dors

 

Die lewe is 'n grenshotel 'n volkebont 'n bont bestel

Bestel jou chips en drink jou gaar

Jou toekoms is gerekenaar

 

Madame bestel 'n high ball

 

Dit hou die vleesdrif hoog

 

En kyk na jong kanonvoer

Wat saamdrom by die oog

 

Die lewe is 'n grenshotel 'n volkebont 'n bont bestel

Bestel jou chips en drink jou gaar

Jou toekoms is gerekenaar

 

Madame versot op jong bloed

 

Vergeet skoon van haar ou

 

Want jonk of oud sterf eenders

 

Die slagveld is hul vrou

 

Die lewe is 'n grenshotel 'n volkebont 'n bont bestel

 

Bestel jou chips en drink jou gaar

Jou toekoms is gerekenaar

 

Madame grens oor die wete

 

Haar hulpdiens is beperk

 

Want of hul bruin of wit is

Hul dra die kaï nsmerk

 

Die lewe is 'n grenshotel 'n volkebont 'n bont bestel

Bestel jou chips en drink jou gaar

Jou toekoms is gerekenaar

 

En drank en nag bring kennis

 

En almal haal die grens

 

Die grens erken geen grense

 

 

Alleen die hart se wens