Listen to Seeman song with lyrics from Kontras

Seeman

Kontras29 Apr 2019

Seeman Lyrics

Môre sal ek dit onthou

Vroeg voor die oggenddou

Waar sal ek heen?

O waar sal ek gaan?

Waar kom ek dan nou eintlik vandaan?

Dit skeur as jou naels in my druk

Die monster wat my kom verslind

Waar sal ek heen?

O waar sal ek gaan?

Waar kom ek nou eintlik vandaan?

Kan jy jou kop nog ophou?

Kan jy die storms beur?

Kan jy als insit in 'n oogwink?

en die res als vergeet?

Ken jy jou diepste donker?

Het jy hom al ontmoet?

Kan jy hom dan leer om te redeneer

en jou nog 'n kans te gee.

Roep sy oor die diepblou

miskien nog na jou?

sal jy ook dan seil

na die waters vuil?

Waar menigde seeman vergaan

Eggo dit oor die berge

en laat dit uitbasuin

Skree jou kreet sodat almal weet

dat die hartseerste man dra geen pyn!

dat die hartseerste man dra geen pyn!