Reynardt Hugo

Reynardt Hugo

133 Followers

Reynardt Hugo is ’n gewilde Suid-Afrikaanse akteur, musikant, liedjieskrywer, motiveringspreker en skrywer. Hy werk al sedert 2008 in die vermaakbedryf en is bekend vir sy rol as dr. Tertius Jonker in die gewilde kykNET-sepie, Binnelanders. In 2010 het hy saam met Hugo Ludik die bekroonde popgroep, ADAM, begin wat oor die jare die land vol getoer en verskeie toekennings gewen het en verantwoordelik was vir treffers soos Liefde Soldaat, Kasteel, Hoogtevrees, Sê My, Iets In Die Water en meer. Nadat die groep aan die einde van 2019 ontbind het, het Reynardt besluit om op sy solo- musiekloopbaan te fokus. Dié veelsydige vermaaklikheidster se debuut-enkelsnit - Die Rivier - wat hy saam met Abel Knobel en Sean Butler geskryf het, is in Maart 2020 bekendgestel. “Dis ’n inspirerende popliedjie waarmee ek al vir baie lank in my hart rondloop,” deel hy. “Dit gaan oor hoe ek my hart vir die Here gegee het. Hoe ek myself moes vergewe vir goed wat ek in die verlede gedoen het en mense moes uitsny wat ’n slegte invloed op my gehad het. Dat die Here se genade genoeg is en dat ek alles in my vermoë sal doen om eerder in die lig as in die donker te leef.” Reynardt is in Durban gebore, maar het aan Hoërskool Zwartkop in Centurion gematrikuleer. Alhoewel hy nog altyd lief was vir musiek, het hy eers in graad-elf ontdek dat hy kan sing en het hy eers na skool besluit dat hy graag wil toneelspeel. Vandaar sy besluit om BA Drama by die Universiteit van Pretoria te studeer, waarna hy ’n rol by Binnelanders losgeslaan het. Dit was ook in hierdie tyd wat sy paaie met die van Hugo Ludik gekruis het. Oor die jare was hy deel van verskeie suksesvolle teaterstukke en verhoogproduksies waaronder Houtkruis, het hy gereeld as seremoniemeester opgetree by funksies en het hy ook gasrolle gehad in rolprente soos Pretville en Vuil Wasgoed. Saam met ADAM het hy ses suksesvolle albums uitgereik, verskeie Ghoema-, Huisgenoot Tempo- en SAMA-musiektoekennings gewen en selfs die geleentheid gehad om vir die internasionale groep, Air Supply, te open. Hy beskryf homself as ’n rustige diere- en koffieliefhebber wat dit geniet om tyd saam met die vrou in sy lewe en hulle honde te spandeer. Verder geniet hy dit ook om tuin te maak, gimnasium toe te gaan en Raakrugby saam met sy vriende te speel. Reynardt is mal oor dokumentêre reekse, kunsfilms en animasieprente en geniet ’n wye verskeidenheid musiek – van Bethel se Christelike liedjies, tot instrumentele snitte en poptreffers soos Ed Sheeran, Jonas Brothers, Katy Perry en meer. Die vier-en-dertigjarige kunstenaar glo dat dit belangrik is om jou voete stewig op die aarde te hou, al is jy hoe suksesvol. As jy hom vra watter werk hy sou wou doen as hy nie mense vermaak het nie, verklap hy: “Ek sou dit love om te kon skilder en dat mense my werke kon koop, maar ek kan ongelukkig nie baie goed teken nie.” Coenie de Villiers, Hans Strydom, Dawid Minnaar, Michelle Botes en Ben Kruger word uitgesonder as sy grootste plaaslike rolmodelle in die vermaakbedryf, terwyl Leonardo DiCaprio, Ricky Gervais, Queen en Justin Bieber op internasionale front uitstaan. Buiten vir die feit dat hy eersdaags met die liefde van sy lewe – An-Maré Roothman – trou, is hy ook besig om te skryf aan ’n boek oor sy lewe, wat hy in samewerking met NB Uitgewers gaan uitgee. Hy speel ook, saam met Leah, die hoofrol in die teaterstuk, Doringrosie, wat in Julie 2020 by die Staatsteater te sien is. Daar was voorwaar sover baie opwindende uitdagings op Reynardt Hugo se loopbaanpad, en hy moes hard werk en geduldig wag om te kom waar hy nou is. Maar hy is baie dankbaar dat hy nie moed verloor het nie en elke dag die geleentheid het om te kan doen waarvoor hy lief is.

Read more

Tracks

Albums | Singles

default playlist img
Die Rivier22 Apr 2020
About Reynardt Hugo
Reynardt Hugo is ’n gewilde Suid-Afrikaanse akteur, musikant, liedjieskrywer, motiveringspreker en
skrywer. Hy werk al sedert 2008 in die vermaakbedryf en is bekend vir sy rol as dr. Tertius Jonker in
die gewilde kykNET-sepie, Binnelanders. In 2010 het hy saam met Hugo Ludik die bekroonde
popgroep, ADAM, begin wat oor die jare die land vol getoer en verskeie toekennings gewen het en
verantwoordelik was vir treffers soos Liefde Soldaat, Kasteel, Hoogtevrees, Sê My, Iets In Die Water
en meer. Nadat die groep aan die einde van 2019 ontbind het, het Reynardt besluit om op sy solo-
musiekloopbaan te fokus.
Dié veelsydige vermaaklikheidster se debuut-enkelsnit - Die Rivier - wat hy saam met Abel Knobel en
Sean Butler geskryf het, is in Maart 2020 bekendgestel. “Dis ’n inspirerende popliedjie waarmee ek al
vir baie lank in my hart rondloop,” deel hy. “Dit gaan oor hoe ek my hart vir die Here gegee het. Hoe
ek myself moes vergewe vir goed wat ek in die verlede gedoen het en mense moes uitsny wat ’n
slegte invloed op my gehad het. Dat die Here se genade genoeg is en dat ek alles in my vermoë sal
doen om eerder in die lig as in die donker te leef.”
Reynardt is in Durban gebore, maar het aan Hoërskool Zwartkop in Centurion gematrikuleer.
Alhoewel hy nog altyd lief was vir musiek, het hy eers in graad-elf ontdek dat hy kan sing en het hy
eers na skool besluit dat hy graag wil toneelspeel. Vandaar sy besluit om BA Drama by die
Universiteit van Pretoria te studeer, waarna hy ’n rol by Binnelanders losgeslaan het. Dit was ook in
hierdie tyd wat sy paaie met die van Hugo Ludik gekruis het.
Oor die jare was hy deel van verskeie suksesvolle teaterstukke en verhoogproduksies waaronder
Houtkruis, het hy gereeld as seremoniemeester opgetree by funksies en het hy ook gasrolle gehad in
rolprente soos Pretville en Vuil Wasgoed. Saam met ADAM het hy ses suksesvolle albums uitgereik,
verskeie Ghoema-, Huisgenoot Tempo- en SAMA-musiektoekennings gewen en selfs die geleentheid
gehad om vir die internasionale groep, Air Supply, te open.
Hy beskryf homself as ’n rustige diere- en koffieliefhebber wat dit geniet om tyd saam met die vrou
in sy lewe en hulle honde te spandeer. Verder geniet hy dit ook om tuin te maak, gimnasium toe te
gaan en Raakrugby saam met sy vriende te speel.
Reynardt is mal oor dokumentêre reekse, kunsfilms en animasieprente en geniet ’n wye
verskeidenheid musiek – van Bethel se Christelike liedjies, tot instrumentele snitte en poptreffers
soos Ed Sheeran, Jonas Brothers, Katy Perry en meer.
Die vier-en-dertigjarige kunstenaar glo dat dit belangrik is om jou voete stewig op die aarde te hou,
al is jy hoe suksesvol. As jy hom vra watter werk hy sou wou doen as hy nie mense vermaak het nie,
verklap hy: “Ek sou dit love om te kon skilder en dat mense my werke kon koop, maar ek kan
ongelukkig nie baie goed teken nie.”
Coenie de Villiers, Hans Strydom, Dawid Minnaar, Michelle Botes en Ben Kruger word uitgesonder as
sy grootste plaaslike rolmodelle in die vermaakbedryf, terwyl Leonardo DiCaprio, Ricky Gervais,
Queen en Justin Bieber op internasionale front uitstaan.

Buiten vir die feit dat hy eersdaags met die liefde van sy lewe – An-Maré Roothman – trou, is hy ook
besig om te skryf aan ’n boek oor sy lewe, wat hy in samewerking met NB Uitgewers gaan uitgee. Hy
speel ook, saam met Leah, die hoofrol in die teaterstuk, Doringrosie, wat in Julie 2020 by die
Staatsteater te sien is.
Daar was voorwaar sover baie opwindende uitdagings op Reynardt Hugo se loopbaanpad, en hy moes hard werk en geduldig wag om te kom waar hy nou is. Maar hy is baie dankbaar dat hy nie moed verloor het nie en elke dag die geleentheid het om te kan doen waarvoor hy lief is.

You May Also Like