Lee Scott

Lee Scott

846 Followers

Lee Scott is beslis een van ons land se voorste vocalists en het sedert sy dae as lid van die sangroep Hi-5 behoorlik sy stempel as solo-kunstenaar afgedruk. Die ‘all round nice guy’ is al gaande oor sing vandat die gogga hom in Graad 5 met sy eerste solo-optrede gebyt het. Sedertien het hy hom gevestig as musikant en vermaakliheidspersoonlikheid waar hy benoem is vir ‘n Huisgenoot Tempo- en SAMA-toekenning vir Beste Pop album. Sy enkelsnit, Perfekte Vreemdeling is in 2017 uitgereik en die musiekvideo het kykNET se Musiekvideo Projek-kompetisie in dieselfde jaar gewen en trefferparades landswyd geklim. Die roerende pop-liedjie oor die liefde, het ’n kontemporêre aanslag en is ’n gesamentlike poging deur Lee, Roux Cloete, William Loots en Willem Botha. Hierdie juweel is nie net iets waarmee jonk en oud kan vereenselwig nie, maar stel ook sy se besonderse stem ten toon. Hy is die aanbieder van SABC2 se musiekranglys, Kliphard en kuier elke Maandag saam met jou op die kassie. Miljoene rugbyaanhangers het ook sy talent besef toe hy in 2018 die Australiese volkslied in Port Elizabeth gesing het tydens ‘n toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Australië. Beslis een van die hoogtepunte van sy loopbaan! Einde 2019 het hy sy nuutste enkelsnit, Vry bekendgestel. Vry is ‘n inspirerende popsnit met ‘n lekkerluister-ritme, wat saam met Hugo Ludik en Vaughan Gardiner van Muse Productions geskryf is, en daarop fokus om luisteraars te laat glimlag. “Vry is geskryf met die idee dat elke mens uit die kompleksiteit van alledaagste realiteit kan ontsnap deur te dagdroom’, verduidelik die sanger. “Daar is soveel druk daar buite om te presteer en jouself met ander te vergelyk, terwyl hierdie liedjie jou aanmoedig om eerder net jouself te wees.” Lee en Leah het kragte saamgespan vir die uiters suksesvolle produksie, Battle Of The Voices waarmee hulle die land vol getoer het. In hierdie produksie doen hul van hul eie treffers, daag mekaar uit om van die wêreld se voorste vocalists se treffers te sing en natuurlik immergroen oues wat almal laat saamsing! Dis beslis ‘n lekker produksie vir jaareindfunksies, korporatiewe spanbou of sommer net ‘n lekker kuieraand! Hy het ook sy eie musiekskool, Lee Scott Studios waar hy sy wenke met aspirante sangers deel deur sanglesse aan te bied. Na veertien jaar in die musiekbedryf, kan Lee reeds ’n lang lys van prestasies agter sy naam skryf. Hy was nie net vir twee jaar lid van die boyband – Hi-5 -nie, maar het ook aan verskeie verhoogproduksies deelgeneem, waaronder Abba Magic SA, Reik na die Sterre – Die Musical en vele meer. Lee was ook deel van Jennifer Rush se Suid-Afrikaanse toergeselskap in 2015, het in 2007 vir sewe maande deelgeneem aan konsertoptredes in die Son Amar-teater in Mallorca, Spanje en opgetree tydens promosiebyeenkomste by die 2010 Eurovision Sangkompetisie in Noorweë. In 2012 het hy ook sy debuut as akteur gemaak, met ’n rol in Drukkersbloed en is kort daarna aangewys as aanbieder van die gewilde kykNET-program, Sêr. Sy twee albums, Die Enigste Manier (2010) en Vir Ewig (2013) is baie goed ontvang. Suid-Afrikaners is ook nie sy enigste aanhangers nie, want hy het ook al ’n paar liedjies in Nederland vrygestel. In 2015 het hy ook die Top 4-posisie behaal, tydens kykNET se gewilde Afri-visie Liedjieskryfkompetisie vir sy weergawe van Wie Is Jy? Volgens Lee, is hy met musiek in sy are gebore en is dit waar sy passie lê. “Ek was nog altyd lief vir musiek en alhoewel ek nooit my oupa ontmoet het nie, weet ek waar my passie hiervoor vandaan kom. My oupa was deel van ’n boereorkes wat gereeld by troues en partytjies opgetree het. Sang en musiek is al wat ek ken en wil doen, so wanneer ek agter ’n mikrofoon is, is ek op my gelukkigste,” vertel hy entoesiasties. Hy het professioneel begin sing toe hy agtien was en het vir drie maande musiekteater studeer aan Technikon van Pretoria, maar moes opskop omdat hy by die boyband Hi-5 aangesluit het. Sy eerlikheid en ongekompliseerde lewensuitkyk, maak hom baie gewild onder sy mede-kunstenaars en het sedertdien vir hom baie deure oopgemaak. Adele, Sia, James Arthur en Troye Sivan is kunstenaars wat hom op die oomblik inspireer, maar hy glo dat die musiek waarmee hy grootgeword het, soos Jennifer Rush, Genesis, Roxette, Celine Dion, Michael Bublé en Alanis Morissette ’n groot invloed gehad het op sy eie musiekstyl. “Die lewe en die mense om my inspireer my ongelooflik. Soms gee die kleinste ding vir my ’n idee vir ’n liedjie of melodie. Plaaslike en internasionale kunstenaars beïnvloed my ook geweldig, omdat ek nog altyd van kommersiële musiek gehou het,” sê hy. Dit is dan ook hoekom hy met so ’n veelsydige repertoire kan spog, wat wissel van rock tot blues en pop.

Read more

Tracks

Albums | Singles

About Lee Scott
Lee Scott is beslis een van ons land se voorste
vocalists en het sedert sy dae as lid van die
sangroep Hi-5 behoorlik sy stempel as solo-kunstenaar afgedruk.
Die ‘all round nice guy’ is al gaande oor sing vandat die gogga hom in Graad 5 met sy eerste solo-optrede gebyt het. Sedertien het hy hom gevestig as musikant en vermaakliheidspersoonlikheid waar hy benoem is vir ‘n Huisgenoot Tempo- en SAMA-toekenning vir Beste Pop album.
Sy enkelsnit, Perfekte Vreemdeling is in 2017 uitgereik en die musiekvideo het kykNET se Musiekvideo Projek-kompetisie in dieselfde jaar gewen en trefferparades landswyd geklim. Die
roerende pop-liedjie oor die liefde, het ’n kontemporêre aanslag en is ’n gesamentlike poging deur Lee, Roux Cloete, William
Loots en Willem Botha. Hierdie juweel is nie net iets waarmee jonk en oud kan vereenselwig nie, maar stel ook sy se besonderse stem ten toon.
Hy is die aanbieder van SABC2 se musiekranglys, Kliphard en kuier elke Maandag saam met jou op die kassie. Miljoene rugbyaanhangers het ook sy talent besef toe hy in 2018 die Australiese volkslied in Port Elizabeth gesing het tydens ‘n
toetswedstryd tussen Suid-Afrika en Australië. Beslis een van die hoogtepunte van sy loopbaan!
Einde 2019 het hy sy nuutste enkelsnit, Vry bekendgestel. Vry is ‘n inspirerende popsnit met ‘n lekkerluister-ritme, wat saam met Hugo Ludik en Vaughan Gardiner van Muse Productions
geskryf is, en daarop fokus om luisteraars te laat glimlag. “Vry is geskryf met die idee dat elke mens uit die kompleksiteit van alledaagste realiteit kan ontsnap deur te dagdroom’, verduidelik
die sanger. “Daar is soveel druk daar buite om te presteer en jouself met ander te vergelyk, terwyl hierdie liedjie jou aanmoedig om eerder net jouself te wees.”
Lee en Leah het kragte saamgespan vir die uiters suksesvolle produksie, Battle Of The Voices waarmee hulle die land vol getoer het. In hierdie produksie doen hul van hul eie treffers,
daag mekaar uit om van die wêreld se voorste vocalists se treffers te sing en natuurlik immergroen oues wat almal laat
saamsing! Dis beslis ‘n lekker produksie vir jaareindfunksies, korporatiewe spanbou of sommer net ‘n lekker kuieraand!

Hy het ook sy eie musiekskool, Lee Scott Studios waar hy sy wenke met aspirante sangers deel deur sanglesse aan te bied.
Na veertien jaar in die musiekbedryf, kan Lee reeds ’n lang lys van prestasies agter sy naam skryf. Hy was nie net vir twee jaar lid van die boyband – Hi-5 -nie, maar het ook aan verskeie verhoogproduksies deelgeneem, waaronder
Abba Magic SA, Reik na die Sterre – Die Musical en vele meer. Lee was ook deel van Jennifer Rush se Suid-Afrikaanse toergeselskap in 2015, het in 2007 vir sewe maande deelgeneem aan konsertoptredes in die Son Amar-teater in
Mallorca, Spanje en opgetree tydens promosiebyeenkomste by die 2010
Eurovision Sangkompetisie in Noorweë.
In 2012 het hy ook sy debuut as akteur gemaak, met ’n rol in Drukkersbloed en is kort daarna aangewys as aanbieder van die gewilde kykNET-program, Sêr. Sy twee albums, Die Enigste Manier (2010) en Vir Ewig (2013) is baie goed ontvang. Suid-Afrikaners is ook nie sy enigste aanhangers nie, want hy het ook al ’n paar liedjies in Nederland vrygestel.
In 2015 het hy ook die Top
4-posisie behaal, tydens kykNET se gewilde Afri-visie Liedjieskryfkompetisie vir sy weergawe van Wie Is Jy?
Volgens Lee, is hy met musiek in sy are gebore en is dit waar sy passie lê.
“Ek was nog altyd lief vir musiek en alhoewel ek nooit my oupa ontmoet het nie, weet ek waar my passie hiervoor vandaan kom. My oupa was deel van ’n boereorkes wat gereeld by troues en partytjies opgetree het. Sang en musiek
is al wat ek ken en wil doen, so wanneer ek agter ’n mikrofoon is, is ek op my gelukkigste,” vertel hy entoesiasties. Hy het professioneel begin sing toe hy agtien was en het vir drie maande musiekteater studeer aan Technikon van
Pretoria, maar moes opskop omdat hy by die boyband Hi-5 aangesluit het. Sy eerlikheid en ongekompliseerde lewensuitkyk, maak hom baie gewild onder sy mede-kunstenaars en het sedertdien vir hom baie deure oopgemaak.
Adele, Sia, James Arthur en Troye Sivan is kunstenaars wat hom op die oomblik inspireer, maar hy glo dat die musiek waarmee hy grootgeword het, soos Jennifer Rush, Genesis, Roxette, Celine Dion, Michael Bublé en Alanis
Morissette ’n groot invloed gehad het op sy eie musiekstyl.
“Die lewe en die mense om my inspireer my ongelooflik. Soms gee die kleinste ding vir my ’n idee vir ’n liedjie of melodie. Plaaslike en internasionale kunstenaars
beïnvloed my ook geweldig, omdat ek nog altyd van kommersiële musiek gehou het,” sê hy. Dit is dan ook hoekom hy met so ’n veelsydige repertoire kan spog, wat wissel van rock tot blues en pop.

You May Also Like