收聽Refentse的Laurika Rauch Medley歌詞歌曲

Laurika Rauch Medley

Refentse2016年4月1日

Laurika Rauch Medley 歌詞

Stuur groete aan Mannetjiesroux:

 

My oom se motor is n ou masjienHy maak dit vol met dieselien

En hy sing in die strate

As hy ons kom sien

My oom is oud en ek is skaars dertien

 

Oh stuur ons net so bietjie reen

My oom het n tenk vol dieselien

En seen my pa en seen my ma

En my oom op sy plaas in Afrika

 

Liza se klavier:

 

Ek het n vriendin

Ver by die blou see

Teen die hange van tafelberg

As die son sak

Speel sy die mooiste melodie

 

Haar vingers ken die pad

Opgesluit in wit en swart

Die klavier se grootste vreugde

Hartseer en verlange

Verstaan die hart se diepste smart

 

Ja die hele wereld word stil

En luister in die donker uur

Na die nag geluide

Van liza se klavier

 

Ja die hele wereld word stil

En luister in die donker uur

Na die nag geluide

Van liza se klavier

 

Blouberg se strand:

 

Goeie more my sonskyn

Goeie more my kind

Kom ons draf langs die strand

Kom ons ry op die wind

 

Die sand sal ons skroei

En die strale sal brand

Ooohh

Maar dis vroeg in die dag

Op blouberg se strand

 

Vier seisoene kind:

 

Sy roep my in die rigting

Van haar hart

Waar die winter vure brand

En die nagte vir die somer le en wag

 

Sy giet haar trane in die see

Stuur haar woorde met die wind

Na die strande

Van lank vergete smart

 

Vier seisoene kind

Met die winter in jou oe

Waar het ek jou verloor

 

Vier seisoene kind

Met die liefde in jou palm

Kyk jou osean is kalm

 

Vier seisoene kind

Vier seisoene kind

Stuur my nog n poskaart met die wind

 

End