收聽Brendan Peyper的In Silhouette Saam Met My歌詞歌曲

In Silhouette Saam Met My

Brendan Peyper, Franja du Plessis2017年4月14日

In Silhouette Saam Met My 歌詞

Warm en koud

Dit maak my so benoud

As jy my arm draai

Jou woorde laat my raai

Vat en los

Kan die liefde soveel kos

Ek weet dis tyd om weg te draai

Maar ek gaan my hart verraai

 

Dit kan so anders wees

Ek het dit in jou oe gelees

 

Jy los jou lippe hier, op my wang

Terwyl my baadjie nog aan jou deur hang

Ek wil nie los, ek wil bly

In silhouette met jou arms styf om my

Ons wolwedans sal my - nie keer

Ek kan nie stop nie al is - dit seer

Ek wil net vashou en bly in silhouette

Met jou arms styf om my

In silhouette saam met my

In silhouette saam met my

 

Oor en verby

Fluister jou mond vir my

Maar jy verklap die leun

Jou oe roep ek's die een

In of uit

Hoe lank vat 'n besluit

Ek's koud gestry warm baklei

En dit sny tot diep in my

 

Dit kan so anders wees

Ons kan die guns van liefde leef

 

Jy los jou lippe hier, op my wang

Terwyl my baadjie nog aan jou deur hang

Ek wil nie los, ek wil bly

In silhouette met jou arms styf om my

Ons wolwedans sal my - nie keer

Ek kan nie stop nie al is - dit seer

Ek wil net vashou en bly in silhouette

Met jou arms styf om my

In silhouette saam met my

 

Ek wil nie meer praat nie

Ek wil nie meer dink nie

Ek kan nie meer wag nie

Ek kan nie meer keer nie

Ek kan nie meer staan, en kyk hoe liefde van my hart hier voor my wegloop nie(wegloop nie)

 

Ek wil nie meer mors nie en als aanvaar nie

Sonder om hartseer daaroor te wees nie

Wil ons bewaar, jy weet ek is altyd daar, Een met jou, Een met jou

 

Jy los jou lippe hier, op my wang

Terwyl my baadjie nog aan jou deur hang

Ek wil nie los, ek wil bly

In silhouette met jou arms styf om my

Ons wolwedans sal my - nie keer

Ek kan nie stop nie al is - dit seer

Ek wil net vashou en bly in silhouette

Met jou arms styf om my

In silhouette saam met my

In silhouette saam met my

In silhouette saam met my