Vuurwarm in Afrikaans

Vuurwarm in Afrikaans

Dit is Jeugmaand en JOOX-Musiek het met opwindende jong talent in die musiekindustrie opgevang.

Elandré Schwartz sing Afrikaans aan die brand met sy gróót stem en op slegs 24 is hy ‘n kunstenaar vir wie daar nog groot dinge in die toekoms voorlê.

Elandré is in Despatch, Oos Kaap, gebore en het eers aandag getrek toe hy sy akoestiese weergawe van Bruce Springsteen se ‘Tougher Than the Rest’ op sosiale media gedeel het. Kort daarna, terwyl hy met ‘n regstreekse optrede op ‘n radiostasie besig was, word hy lewendig op die lug ‘n platekontrak aangebied!

Sy eerste album ‘Kleindorp Dromer’ is in 2017 vrygestel en nou is hy terug met ‘Boomhuis’ wat op die sukses van sy eerste album bou.

JOOX het met Elandré opgevang - en saam verder gedroom oor wat die toekoms inhou.

JOOX

Luister na al sy vuurwarm treffers hier:

Quick Fire met Elandré:

JOOX